Granaat pitte & Goue Klokkies

Briewe 2

Home | Activities | Articles | Calendar | Retreats | Granaat pitte | Products | Skool| Contact

Granaat Pitte & Goue Klokkies 2

 23 Februarie 2009
Granaat Pitte &
Goue Klokkies…..

Prov 27:9 ~ Just  as lotions and fragrance gives sensual delight, a sweet friendship refreshes the soul....(Message Translation)

Ek dink die afgelope tyd aan die verskillende vriendinne en vriende in my lewe.  Ek dink aan hoe elkeen ‘n ryk, vol rol in my lewe speel, maar elkeen op ‘n verskillende wyse.

Elke vriendskap bring ‘n ander dimensie, diepte en faset in my lewe.  Hoe saai sou my verhoudings wees as elke kosbare persoon in my lewe dieselfde was.  Soos die teksvers sê – “lotions and fragrance”, so gee elke vriendskap ‘n verskillende geur in my lewe af. 

By sommiges ruik ek die mirre, en hul deel hul pyn met my.  Ek moet dan van my mirre-olie gebruik om te troos en te bemoedig, want ons elkeen ervaar pyn in verskillende vorme, daarom is mirre olie volop in almal se lewens.

Sommige vriendinne ruik soos die hisop en ek sien vrot hartstoestande in myself raak.  My hisop vriende dwing my om saam met Dawid te bid “Reining my met die hisop, dat ek rein kan wees”(Psm 51:7). 

Dan het ek my vriendinne wat soos granate ruik – hulle lewens is vrugbaar en hul moedig almal om hul aan om deur te breek in nuwe dimensies! Hulle bring liefde, vrugbaarheid en volheid in jou lewe in.  Hulle is deursigtig en steek niks weg nie.  Hulle koester die tye agter die sluier, in die binnekamer, die troonkamer van God, sodat hul bevrug kan word met Sy Woord, Sy liefde en Sy planne. (Songs 4:3 – Your cheeks are like halves of a pomegranates behind your veil)

My volwasse alwyn vriende en vriendinne, wat ‘n langer pad stap as wat my lewensdae oor het.  Hulle ken elke seisoen omdat hulle dit nie net  aanskou het nie, maar omdat hulle self deur elke seisoen gegaan het.  Hulle is wys en gee wyse raad wanneer ekself deur ‘n seisoen van droogte, dorheid en gebrokenheid gaan.  Ons MOET by hul voete sit, hulle het gelouterde goudklonte om uit te deel.

Ek dink aan my vriendin wat soos kassie ruik...altyd nederig, nooit opgeblase en altyd gereed om te “let go and let God”.  Sy pas nederig aan by haar omstandighede en vertrou dat hierdie “stripping-proses” in haar lewe deel van God se plan vir haar lewe is.  Sy erken dat nederigheid ‘n bestanddeel van die vreugde-olie is en vind haar vreugde in God, al staan sy vernederd weens haar omstandighede. (Psm 45:8)

Dan is daar die vriende wat soos heuning ruik.  Hulle monde spreek openbaring, net soos die vriendin wat soos appels ruik is hul woorde keurig, lewe-gewend en vars. 

Ek dink aan my seder vriende, sterk, wys en regverdig.  Ek gaan wyser en ryker van hulle af weg.(Jak 3:17).

My nardus-vriendin, wat met haar hart  aanbid.  In haar hart is daar ‘n liefde wat sy vir Jesus het, wat haar dryf om haarself en haar reputasie te verloor ten koste van Hom .  Sy sal haar kosbaarste “albaste-fles” breek en daarsonder klaarkom, solank sy net by die voete van haar Here kan wees.  (Luk 7:37 – 38)

Dan is daar my vriendin wat soos die Roos van Saron ruik. Sy stap ‘n woestynpad, maar het net die dou van die Woord en die Wind van die Heilige Gees nodig om haar te laat beweeg, haar te laat dans selfs in die dor  toestande wat die woestyn bied.  Sy is die een wat, in haar seer en gebrokenheid, in haar ongemak, in haar donker middernag uur, nogsteeds kies om te dans, te dans vir haar God, sodat sy ‘n blom kan wees wat ‘n aangename reuk bied vir ander wat ook deur die woestyn stap. (Jes 35:1)

Ook my vriende en vriendinne wat soos Olyfolie ruik – hulle bind almal saam en hulle is lief vir eenheid onder die broeders (Psm 133). 

Laastens dink ek aan my beste vriend, die Een wat almal oortref – Jesus!  Hy ruik so heerlik!  Daar is nie ‘n aangenamer reuk nie!  Net Jesus kan jou lewe ‘n aagename geur gee.  Hy moet Sy olie, Sy parfuum oor jou kom uitgiet, sodat jy soos Hy kan ruik.    Ons moet Jesus deel maak van alles wat ons doen, wat ons sê en wat ons IS, slegs dan kan ons werklik lekker ruik.  Song of Songs 1:3 ~ The odor of your ointments is fragrant, your Name is like perfume poured out.

Vra Hom vandag om jou te kom salf met Sy olies, Sy salwing, Sy geur wat Sy naam is.  Gal 3:27 gee ons die opdrag om ons te beklee met Christus.  Gal 3:27......put on Christ.  Net soos om daagliks ‘n parfuumpie of ‘n “aftershavetjie” aan sit, so moet ons daagliks die geur van Jesus aan ons self  smeer.  Elke keer wat ons parfuum aan ons spuit of smeer, moet ons onsself daaraan herinner dat ons ook die geur van Jesus  aan ons self moet afsmeer of spuit.  Ons kan nog sonder ons gewone parfuum, maar ons kan nie en mag nie ons voete by die huis uitsit, as ons nie eers vir Jesus gevra het om die verskillende fasette en geure wat in Sy naam is, aan ons  af te smeer nie.

God die Vader is die Salwer, Jesus is die Gesalfde en die Heilige Gees is die kosbare Salf.  Jy het alles wat jy nodig het om ‘n aangename reuk te wees in ‘n wêreld van onaangenaamheid.

Besoek Eunice vd Merwe se webtuiste www.myrrhministries.co.za en lees meer oor  al die geurigste  salwingsolies wat deur haar vervaardig word en by my en ander  agente (in jou area) beskikbaar is.

Ek het ‘n nuwe vriendin ontdek, gaan kuier vir haar by www.haqqoveh.blogspot.com
www.goudlontjies.blogspot.com
www.purepomegranate.blogspot.com

Granaat Pitte en Goue Klokkies is die twee simbole wat ek  gebruik om God se Woord oor te dra.  Granaat Pitte moet aan gekou en geproe word en Klokke kondig mos iets aan!  (Lees in  Ex 28: 33 & 34 waar die granaat pitte en goue klokkies gebruik is)

Jessica vd Walt

 

to the top