2006 Come Away My Beloved
Son 2:16 My beminde is myne, en ek is Syne…
In Oktober bied ons ’n intieme vrouekamp te Salem in Naboomspruit aan, waar God se hartsbegeerte van intimiteit met Sy bruid ervaar word.
Temas sluit in “My beloved is mine”; “From a peasant to a princess-bride”; “In the Kings Chambers”, “Fragrance of Heaven” en meer. Ander sprekers sluit in Eunice vd Merwe en Wenna Terblanche.
Die sagte liefkosing van die Heilige Gees word die hele naweek ervaar en elkeen word oor en oor gesalf in die nabyheid van Jesus. Saam met die lesings word persoonlike afsonderingstyd aan elkeen afgestaan.
Saterdagnag tydens die lesing oor “In the King’s Chamber,“soak” elkeen in die teenwoordigheid van Jesus, wat soos olie aan elk vasklou, terwyl slegs kerslig die kapel verlig.
Na die naweek getuig elkeen van ‘n opnuut bevestigde verhouding met Jesus, ‘n meer intieme aanbiddingslewe; verwonde emosies wat herstel is en waardigheid wat herwin is, omdat Jesus aan waarde gee;
Elkeen getuig van ‘n persoonlike ervaring met Jesus Christus, haar Beminde...
Sien gallery vir foto’s
Kisses from Heaven
Love Saves the Day - geskryf deur Leonie Louw
(See gallery for photos of this special weekend)
Love, joy, peace and the greatest of these is love - Love never fails
Die afgelope naweek is vrouens van orals in Gauteng en Limpopo bederf met ‘n kamp wat so deurweek was in Jesus se liefde dat ons persoonlike verandering beleef het wat verseker sal aanhou – want liefde is vir ewig en doen ‘n ewige werk in ons as mens. Ons naweekkamp was op Ephata kampterrein net anderkant Kranskop Tolhek
Hierdie kamp was nie net ‘n geestelike kamp maar ‘n kamp vir deurbrake in ons naby en intieme verhouding met ons Geliefde - Jesus ons Bruidegom. Hierdie kamp is aangebied deur Power of Love Ministries onder leiding van Jessica van der Walt en haar span van Naboomspruit. Jessica werk saam met die Lighuis gemeente van Naboomspruit en het bande met verskeie ander bedieninge. Die ander bedieningshand van die kamp was die aanbiddingsspan onder leiding van Wenna Terblanche van Nylstroom. Werklik, was die aanbidding en die lof wat ons uitbasuin het, soos die “Breakthrough Dance” wat Miriam gedans het in die woestyn. Maar dit was ook soos die Asem van die Heilige Gees wat ons oorweldig het met Sy teenwoordigheid.
Wat kan mens sê van so ‘n kamp. Elke vrou was toegegooi met liefde van keurige voorbereide bediening en bederf. Bederf met klein geskenkies soos ‘n skryfboekie vir die kamp tot ‘n groot lap wat verfraai is tot ‘n tallit wat spreek van die persoonlike afgesonderde verhouding wat God met ons het. Bediening met woordbeelde uit die Bybel van die naby-liefde van God wat deur Sy soene uit die hemel ons beter soen soos ‘n moeder haar kindjies troos.
Elke vrou het beleef dat die kamp spesiaal vir haar was.
Wat sal ons hierna kan sê van ons God en Vader en ons Geliefde Jesus. God gee werklik om want Hy kom en lei ons uit ons eie behoeftige en hartseer plekke na Hoop. Sodat ons in die woestyn ‘n verwagting het dat iets kosbaars na vore gaan kom. Dat ons woestyntye ons dwing om dieper met Hom te gaan. Maar die vrugte van die woestyntyd is baie kosbaar. Elke vrou het ontdek dat oor elke plek, hoe weggesteek - hoe persoonlik ookal, God volle kennis dra en dat Hy ons kan uitbring uit daardie plek sodat Hy self ons hartseer en laste verder kan dra.
Ons het voor ons oë gesien hoe mense getuig van die verandering wat God hierdie naweek gebring het. Mense het weer gelag en gesing, gesels en God se liefde en vreugde weer ontdek. God het deurbrake gegee en dit was alles deur ”The Power of His Love”.
Sal hierdie verandering bly! Absoluut. Die woord sê “love never fails” en “God is liefde” en God is ewig. Hierdie verandering sal ons nog saam neem hemel toe. Dit kan elke vrou ook onthou. En as ons sulke diep en erg hartseerdinge beleef kan ek ook op my eie na God gaan “and let Him Kiss me Better!”
Dankie vir die kamp ouens!
Leonie Louw