Power of Love

Ministries

Teaching Topics

Articles

Ai my vlees! Die begeertes van my hart
Fragrance of Friendship The Pomegranate
Kisses from heaven Gesoen deur God
Embracing the Wilderness The Running Bride -

Home | Activities | Articles | Calendar | Retreats | Granaat pitte | Products | Skool| Contact

 

Gesoen deur God

deur Jessica vd Walt

Kisses

Son 1:2  Laat hy my kus met kusse van sy mond;

Son 5:16      His words are kisses, His kisses words.  Everything about him delights me., thrills me through and through!

In 'n gebroke tyd in my lewe het ek een nag gevoel hoe iemand my sagkens oral op my gesig soen. Sulke sagte, liefdevolle soene wat genesing, vrede en 'n totale gevoel van "Ek is geliefd" gebring het. Ek het geweet dat dit my Hemelse Pappa is wat Sy dogter kom bedien het met Sy liefde.

God se woord vir ons en oor ons bring nuwe lewe in ons gees.  Wanneer ons in ‘n liefdesverhouding met Jesus tree, dan kan ons saam met die Hooglied skrywer die bogenoemde woorde uitroep!  Net soos wat die Here ons kom beter soen deur Sy woord, kan ons, omdat die gees van God binne ons is ander deur profetiese woord “beter soen”. 

1Kor 14:3    Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging.

Die basis van profetiese woord is om te stig, bemoedig en te troos – wat anders is dit dan nie as om die seer van ander “beter te soen” nie!  Profetiese woord beteken dus om die soene van God aan ander uit te deel.

God het my nog nooit opgehou soen nie. Ek is gesoen en soen graag ander terug met die kosbare woord wat Hy in my hart kom plaas het.

Gaan soen ander met die woord - want jy is GESOEN DEUR GOD!

Jessica vd Walt - 2008/07/29

to the top