Power of Love

Ministries

Articles

Articles

Ai my vlees! Die begeertes van my hart
Fragrance of Friendship The Pomegranate
Kisses from heaven Gesoen deur God
Embracing the Wilderness The Running Bride -

Home | Activities | Articles | Calendar | Retreats | Granaat pitte | Products | Skool| Contact

Ai, my vlees....


Efesiërs 5:16 ~ en koop die tyd uit omdat die dae boos is. . ..

Ek hoor so ’n rukkie terug hoe iemand vir my sê:  Ek het die Here aangeneem, maar ek sal verander op my tyd...”.    Ek begin terugdink aan my eie “b.C.-days” (die dae toe Jessica nog belangriker was as Christus). 

Ek onthou hoe ek ook eerder my vlees en my eie wil en eintlik maar my eie selfsug bo God se wil en Sy woord gekies het.  Ag en nou nog kom die versoekings, net in ‘n ander vorm as in my bC-dae.  Ek moet ook veg om die regte goed bo my eie ek te kies.  Paulus het met dieselfde goed gesukkel.  Gesukkel om “nee” te sê vir sonde en versoekings....en as hy gesukkel het (wat amper die hele nuwe testament geskryf het) hoe moet ons dit regkry!? Rom 7:19  Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.   

My vlees het sonde geniet!  Dit was lekker....vir die oomblik!  Soos my man altyd sê:  “’n
Oomblik op die lippe, ‘n leeftyd op die heupe!”  Dit is presies wat gebeur wanneer ons sonde in ons lewens toelaat.  Vir die oomblik is die lekker en plesierig, maar daar is altyd ‘n negatiewe gevolg op sonde. Rom 6:23  Want die loon van die sonde is die dood. . .   Die Skrif praat nie hier net van ‘n fisiese dood nie, maar erger  as dit, ‘n geestelike dood.  Sonde maak ons gees stukkie vir stukkie dood.  Elke keer wat ons kies om ons vlees (sonde) bo die wil van God te kies of om te swig voor die versoeking, kies ons om ons gees ‘n vuishou te gee, wat later tot dood sal lei. 

Koning Saul was God se uitgekiesde gesalfde om die volk Israel te lei, maar sy aanhoudende
ongehoorsaamheid en eie wil het op die einde tot sy geestelike en fisiese dood gelei.  (1 Sam 16:14 / 1 Kron 10:13).  Selfs Koning Salomo wat deur God “Jedidah” (geliefde van God) genoem is, het geestelik doodgegaan omdat hy ook nie sy “eie wil” wou prysgee nie.
Is dit nie maar ook ons grootste versoeking wat dan ook ons sonde word nie – EIE WIL, eie ek...?    Ons eie self word ons grootste struikelblok.  Kyk wat sê die woord in.....

 1Sam 15:22  Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.   Want wederstrewigheid (rebellie)is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid (eie wil) is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.

Moenie wag tot dit te laat is nie.  Koop die tyd uit! Moenie toelaat dat jou eie wil en eie tyd die grootste geskenk van jou lewe van jou af weghou nie.  Die tyd is nou!   God se genade is NOU  beskikbaar – vat dit nou en maak jou lewe reg met God.  Kies God se gees in jou bo jou vlees.  Saai in jou gees in en wees verseker dat jy ‘n oes sal ontvang.  Elke keer wat jy jou vlees toelaat om in te gee, saai jy in jou vlees in.....en verseker gaan jy ‘n oes daarvan ook kry, ‘n oes van hartseer, armoede, haat, moedeloosheid, pyn, onvrede, frustrasie, skuldgevoel, siekte, baklei en nog soveel meer. (Gal 6:7) 

Ek het ook bC-dae gehad, maar nie die LEKKERSTE LEKKER van my bC-dae vergelyk met die AMAZING wat ek vandag beleef nie.  Die vrede in my hart, huis en lewe is meer as wat ek ooit kon indink om te hê....selfs wanneer die omstandighede om my nie te wat wonders is nie!  Al wat dit my gekos het, was om “nee” te sê vir versoeking en om vergifnis te vra as ek wel gefaal het.  Versoeking kom klop daagliks aan ons harte se deure. Ek  as bedienaar van God kry ook daagliks met versoeking te doen,  maar saam met Paulus kan ons almal uitroep:  Hy wat in my is, is groter as hy wat in die wêreld is en ek is TOT ALLES INSTAAT DEUR CHRISTUS WAT MY DIE KRAG GEE!” (1 Joh 4:4 / Fil 4:13)

As jy vandag vir my sê dat jy reeds jou lewe aan Jesus gegee het en dat jy Hom volg, vra ek jou ook vandag moenie tyd mors deur nogsteeds sonde te kies nie.  LEEF JESUS!  Laat die wêreld weet dat jy Jesus dien en liefhet.   Doen dit ook met daardie krag van Christus in jou en nie deur jou eie krag nie. Kies vir Jesus bo jou vriende, bo jou eie wil, bo ALLES in jou lewe, en sien hoe jy groei in gees en in ‘n man/vrou van Goddelike karakter!  Kyk hoe jou lewe verander en sien hoe jy guns by mense en by God sal ontvang!

Eph 5:15-20  Look carefully then how you walk! Live purposefully and worthily and accurately, not as the unwise and witless, but as wise (sensible, intelligent people),   Making the very most of the time [buying up each opportunity], because the days are evil.   Therefore do not be vague and thoughtless and foolish, but understanding and firmly grasping what the will of the Lord is.  And do not get drunk with wine, for that is debauchery; but ever be filled and stimulated with the [Holy] Spirit.. 

Wees sterk en vol moed!  Hou uit en sien hoe die Here self jou te hulp snel!

Jessica vd Walt
Power of Love Ministries