‘n Paar oggende gelede droom ek net voor ek wakker word hoor ek in my gees die volgende: “2 Kronieke 1:7, 2 Kronieke 1:7, 2 Kronieke 1:7....”. Soos ek wakker word fluister ek die teks oor en oor, sodat ek dit nie sal vergeet nie. My ogies was nog nie eens mooi oop nie, en ek kry een van my Bybels wat langs my bed is en lees:
2 Kronieke 1:7 ~En dieselfde nag het God aan Salomo verskyn en aan hom gesê: Begeer wat ek jou moet gee.
Ek begin terugdink van hoe die Here al reeds vroeg in die jaar met my begin praat het oor die dinge in my hart, maar grootliks oor die begeertes van my hart. My boetie Joël Hitchcock het die voorreg gehad om onlangs saam met ‘n legendariese evangelis (reeds 92) jaar oud te eet.Na ete het hy aan my boetie en sy vroutjie gevra: “What are the desires of your heart, what do you want me to pray for you?” My boetie sê dat hy op daardie oomblik aan allerhande dinge gedink het wat hy kon vra (natuurlik vleeslike begeertes...), maar nadat hy stil geword het, die volgende aan Dr Oral Roberts gevra het: “That I may be like the Son of the living God, that I may do the same as He did.”
Dit het my so geruk en so het die Heilige Gees in my hart begin werk om my hartsbegeertes bekend te maak. Nou as alles om jou chaos is, wil jou vlees mos eerste bevredig word, maar ek het net stilgebly en gewag. Op ‘n stadium het ek en ‘n spesiale vriendin gesels oor my boetie en hartsbegeertes. Na ‘n rukkie het ek besef dat wanneer iemand ‘n openbaring het van wie Jesus werklik is, hy ‘n begeerte sal hê om soos Hy te wees. Ek het besef dat ek Jesus ken, maar dat my openbaring oor Hom nog baie tekort skiet. Ek het geweet waarvoor om te vra...
A Revelation of the Living God! A Revelation of Jesus and of the Holy Spirit!
Blessed are the pure in heart! They shall see God!
Wat ek nie besef het nie, is dat die oomblik toe ek vir die Here vra om Hom te sien en Hom WERKLIK op ‘n dieper vlak te leer ken, het ek aan Hom die reg en geleentheid gegee om met die onreinhede in my hart te werk. Ewe skielik kom daar allerhande goed in my hart en uit my mond uit wat ek gedink het lankal nie meer bestaan nie. Goeters waarmee ek (gedink het) ek mee klaar gemaak het.
Soos ek deur my eie hartstoestande werk, wys die Here ook vir my wat aangaan in ander se harte, sodat ek ook waaksaam daarvoor kan wees in my eie lewe. Ek deel dit graag met elk van julle wat die epos lees, sodat jul ook jul harte kan bewaar. My een vriendin het op ‘n tyd vir my gesê “Jessica, jy is so deursigtig, ons kan almal uit jou foute leer!” So...don’t judge, leer daaruit! Eish!
Ondankbaarheid/Onvergenoegdheid
Ondankbaarheid is sonde. Ondankbaarheid maak dat jy alles sien wat jy nie het nie, en nie raaksien wat jy wel het nie. Die woord maan ons keer op keer om dankbaar te wees in alles.(1 Thes 5:18). Die woord sê verder in Kol 4:2 dat ons moet volhard in gebed en daarin waak met DANKSEGGING... Wat beteken dit – dankbaarheid is die wag wat ons gebede en ons harte oppas! Dankbaarheid is ook die eerste deur na die teenwoordigheid van die Here – “Enter His gates with thanksgiving!” (Psm 100:4) Ondankbaarheid sal ons voor die hek van God se teenwoordigheid laat stagneer! Ons al nooit verder as dit kom nie. Gaan vandag en maak ‘n lys van dit wat die vrug van ondankbaarheid in jou hart laat opkom. Bely dit en begin dankie sê vir dit wat jy het en dit wat jy nie het nie, sodat dit kan kom (Rom 4:17). As ons nie die gogga van ondankbaarheid uitroei nie, maak ons die deur van ons harte oop vir die volgende vrot hartstoestand.
Jaloesie
Jaloesie is ‘n lelike gogga wat jou vreugde kom steel en maak dat jy ander verwens eerder as om hulle te seën. Jaloesie oor ander se besittings, ander se verhoudinge, ander se salwings en bedieninge. Jaloesie is nie ‘n vrug van die gees nie (Gal 5:23). As ons onsself geestelik wil noem, moet ons wegdoen met jaloesie, anders groei die volgende hartstoestand...
Rebellie
Rebellie is 'n “hart-verharder”. My vriende – waak daarteen! Rebellie word vergelyk met waarsêery – die engelse vertaling noem dit sommer witchcraft (1 Sam 15:23). Ons kan rebelleer teen ons omstandighede, teen ons eggenote, teen ons kerkleiers,teen ons werkgewers, ag die lys kan lank word. Daar waar jy onmin, jaloesie en gegriefdheid het teenoor iemand met of sonder rede, het jy rebellie in jou hart begin toelaat.. Die probleem met rebellie teen mense, is dat dit rebellie teen God word. Jy word kwaad vir God en blameer Hom vir al hierdie dinge wat verkeerd loop in jou lewe. Jou vreugde en vrede begin verdwyn en dit voel asof jy “teen ‘n muur” vasbid. Jou gees word so geblok dat jy nie verder as die probleem kan sien nie. Liefdeloosheid en haat vat pos in jou hart, en dan kom...
Eiesinnigheid - Jy begin jou eie planne maak
Met eiesinnigheid begin ons vir die Here sê dat Hy nie goed genoeg is om ons saak vir ons te red nie.. Dat Sy planne nie ten goede vir ons is nie. Ons begin God en Sy woord betwyfel en maak van Hom ‘n leuenaar. Geen wonder dat die Bybel sê dat eiesinnigheid soos afgodediens is nie. (1 Sam 15:23). Ons begin om op ons eie kragte en planne te vertrou, en so begin ons om weg te dryf van God af. Ons vertrou nie God nie en ons planne soos terugkap, stry, baklei, egskeiding, moord, geweld ens begin manifisteer. Die christen kan slegs deur geloof leef en moet slegs deur die Heilige Gees gelei word. Wanneer ons, ons eie planne begin beraam beweeg ons weg van die leiding van die Heilige Gees en beland ons so in die strik van die vyand. Ons word sy slaaf en beweeg van die een plan na die ander om weer uit die gemors te kom.
Blessed are the pure in heart! They shall see God!
Ek is mal oor die manier wat die MESSAGE vertaling hierdie teks kwoteer: Mat 5:8 ~ You’re blessed when you get your inside world – your mind and your heart – put right. Then you can see God in the outside world!
Deur ons harte rein te kry voor God, maak dit vir ons moontlik om God se hand in ons omstandighede en lewens raak te sien. Dit bring die REVELATION van wie God is na vore. Wanneer ons ‘n REVELATION van wie God is ontvang, sal en kan geen omstandighede, mense en tekortkominge ons onderkry nie.
Mat 17:8 ~ When they looked up, they saw no one but Jesus! Dit is tyd om op te kyk, weg te kyk van ons eie omstandighede. Slegs dan kan ons vir God in Sy volheid sien. Om op jouself te fokus, maak dat jy ander, maar ook vir God miskyk. Fokus op ander se behoeftes, plaas jouself in ander se voete – kyk verby jouself – daarin word die wet volmaak! Liefde vir God en liefde vir jou medemens is wat vrot hartstoestande verwyder! Kies vandag om dankbaar te wees, ander te seën, op God te vertrou en jy sal God sien! Go for it – you’ve got nothing to lose!
God is LOVE
To have a revelation of God, of Jesus and of the Holy Spirit.... Dit kom toe alles net op een ding neer – LIEFDE, LIEFDE en nogmaals LIEFDE. As ons God sien vir wie Hy werklik is, sal ons niks anders sien as die liefde nie. Alles, alles, alles wat Hy doen is as gevolg van en deur Sy liefde vir ons. We have to pray and ask for a revelation of His love to understand His person. God se hele karakter, pesoonlikheid en wese bestaan uit liefde. Jesus het dit kom openbaar in Sy aardse bediening, want Hy het niks gedoen wat Hy nie die Vader sien doen het nie. Jy en ek het ‘n Abba Vader (letterlike betekenis: Daddy daddy) wie se liefde nie meer of minder kan word nie. Wanneer ek meer in die liefde begin inklim, meer tyd met Hom spandeer begin daar iets in my hart plaasvind wat maak dat ek die liefde begin openbaar. Dan word die tweede nuwe testamentiese gebod maklik omdat God se liefde in my hart uitgestort word. Ek begin dit wat Hy lief het, lief hê. Selfs mense wat my vyande is begin ek lief kry omdat God hul lief het. My gebed vir hulle begin verander en dit maak vir my saak dat hulle ook “a revelatoin of the LOVE OF GOD” sal kry. EVERYBODY SHOULD RETURN TO THEIR DADDY.....EVEN THOSE WHO NEVER KNEW THEY HAD A DADDY.....
Kom ons wees LIEFDES-DRAERS. Kom ons vat die liefde van die Vader terug na Sy kinders. Kom ons sit ons eie gevoelens, trots en selfsug eenkant; wees die minste en reik uit. Kom ons wees God se hart vir die wat nie Sy hart ken nie... Begin net die naaste aan jou – is daar familie en vriende met wie jy in onmin staan – wees die minste, gee die eerste tree. Voordat jy nie die eerste tree in jou binnekring gegee het nie, moet nog nie verwag om die persoon daarbuite te verander nie. God se liefde oorwin alles – jy is ‘n oorwinnaar deur LIEFDE!
Jessica vd Walt
Power of Love Ministries